Die wese en die niet
L’Être et le néant Wie sal die bos laventel by jou bed sit, die komberse dig oor jou moeë lyf trek? Wie sal die vloed van riviere ontroer sodat die water helend oor die soetklip bly loop? Wie sal die steenkoolmaan oproep as die nag se wortels in die donker woude jou deurgeloopte voete troos, of die soekligte in die berg se kruine flits en die swaar stilte die elegie […]