Die Boekboetiek

Uncategorized

Gedigte, Uncategorized

Smeltkroes

  Smelt mens metaal in ’n hoogoond kom die slak skuimend boontoe en bedek die oppervlak. Stook jy mense op en word hul oorverhit, sien mens edel waardes gou na onder sak. Platonies Hier voer ons aporeties weer debat oor wat vir ons so na lê aan die hart, maar is een fisies in die grot gevang met meta- onerken, bewaar jou skat.   © Dietloff van der Berg, 2025

Gedigte, Uncategorized

geofiet

  terwyl my epidermis en my haarfollikels elke dag in droogte vergaan bly jy ondergronds in my leef en skiet jy op in elke somer vanuit die blomknol en maak ‘n wit klos soos ‘n tjienkerientjee   ©Anne-Marie Bartie, 2025  

Boekgesprekke, Uncategorized

Onderhoud met Louise Viljoen (Toevlug)

  Nini Bennett-Moll: Louise, baie geluk met die verskyning van jou roman, Toevlug (LUCA, 2024). Maar allereers: vertel ons meer van jouself – die mens agter die boek. Waar kom jy vandaan; wat het jou studies behels; wat is jou passie in die lewe, en waar kom jou liefde vir boeke vandaan? Louise Viljoen: Baie dankie, Nini. Ek is op Louis Trichardt in Limpopo gebore en dis ook waarom my

Scroll to Top