Onderhoud: Rina Cascione
Nini Bennett-Moll: Baie welkom by Die Boekboetiek, Rina. Jy het op 12 Oktober verlede jaar jou 92ste verjaardag gevier. Jy is amptelik die oudste aktiewe en publiserende skrywer, digter en vertaler in Afrikaans, wat op die ouderdom van 88 gedebuteer het. Vertel ons allereers iets van die mens ágter die boeke. Waar kom jy vandaan, wat het aanleiding gegee tot jou liefde vir letterkunde en skryf-/vertaalkuns? Rina Cascione: Baie dankie […]