Spaartyd
Spaartyd Elke naweek is die weduwee geregtig op 20 minute gratis lugtyd, sê die selfoonkontrak. Die hele week wag sy op haar spaartyd. En sy bel onverpoos, maar die kinders breek naweke weg, hulle antwoord nie. Die weduwee stap vir die soveelste maal buitentoe vir goeie ontvangs. Hoflik begroet die stempos-vrou haar. Dan bel sy ’n vriendin, Anna. Dié kyk hoe die weduwee se nommer oor haar streelpaneel flits,



