Die Boekboetiek

Bepalings en Voorwaardes

Aanspreeklikheid en vrywaring

  • Gebruikers is verantwoordelik vir die beveiliging van hul eie wagwoorde en om te verseker dat hul rekeninge nie misbruik word nie.
  • Skrywers moet bevestig dat hulle kortverhale, gedigte of ander inhoud oorspronklik is, en nie plagiaat bevat nie.
  • Die menings van bydraers tot hierdie webblad is hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van Die Boekboetiek se redaksie nie.
  • Die gebruik van die webblad is op eie risiko. Die Boekboetiek is derhalwe nie aanspreeklik vir enige verlies, van watter aard of omvang ’n gebruiker mag ly as gevolg van die toegang tot, of gebruik van inligting vervat op hierdie webblad nie.
  • Die Boekboetiek is gevrywaar teen enige eis of regsaksie wat teen die redaksie ingestel kan word wat direk óf indirek voortvloei uit die gebruik van – of toegang tot – hierdie webblad.
  • Die Boekboetiek plaas ’n verbod op aanstootlike, onwettige of diskriminerende materiaal. Alle bydraes is onderhewig aan keuring en die proeflees of redigering van die inhoud.
  • Die Boekboetiek behou die reg om inhoud te verwyder wat nie aan hul standaarde voldoen nie, of as die skrywer versoek dat hul werk onttrek word.
  • As die webwerf kompetisies aanbied, sal die terme die reëls vir deelname spesifiseer.
  • Die webwerf sal hul aanspreeklikheid beperk vir kwessies soos tegniese foute, dataverlies, of dispute tussen gebruikers en derdepartye.
  • Die Boekboetiek mag hierdie gebruiksvoorwaardes enige tyd wysig. Deur die webblad te besigtig verbind jy jouself tot die huidige weergawe van die gebruiksvoorwaardes.
  • Suid-Afrikaanse reg is van toepassing op hierdie gebruiksvoorwaardes

Kopiereg en intellektuele eiendom

  • Die Boekboetiek bevestig dat die kopiereg in bydraes, artikels en ander literêre werke, wat deur bydraers geskep is en wat aan Die Boekboetiek gestuur is, aan die betrokke bydraers behoort.
  • Wanneer Jan Publiek enige bydraes of ander literêre werke op die webblad plaas, gee laasgenoemde daarmee saam ook vir Die Boekboetiek ’n oordraagbare, ewigdurende, wêreldwye en tantièmevrye lisensie om die werke vir plasing op Die Boekboetiek te gebruik.
  • Gebruikers mag nie ons intellektuele eiendom, of dié van ’n derde party, vir enige doel gebruik sonder die redaksie se vooraf skriftelike toestemming nie. Alle aansoeke vir die gebruik van ons intellektuele eiendom kan gerig word aan die redaksie van Die Boekboetiek.  

Privaatheid

  • Deur jou deelname gee jy toestemming dat Die Boekboetiek die persoonlike inligting wat jy aan ons bekend maak deur jou gebruik van die webblad, te mag versamel. Sodanige persoonlike inligting word egter net vir interne doeleindes gebruik ten einde die funksionaliteit van die webblad en verbandhoudende kommunikasie te verhoog.
  • Die Boekboetiek sal nie bydraers se persoonlike inligting (soos e-posadresse) met ’n derde party deel sonder om vooraf toestemming daartoe te verkry nie.

Advertensies en borge

  • Alhoewel hierdie webblad met finansiële steun bedryf word, geskied dit sonder enige winsbejag; hetsy deur die redaksie daarvan, óf die bydraers wat hul onderskeie bydraes in die gees van welwillendheid ter ondersteuning van die Afrikaanse lettere lewer. In bepaalde gevalle mag ’n bedrag waarop wedersyds ooreengekom word, wel aangewend word ten einde bepaalde inhoud eksklusief vir Die Boekboetiek te bekom.
  • In wese sal die fondse, wat deur middel van finansiële steun aangewend word aangewend word om die voortgesette en effektiewe funksionering van die webblad te verseker en ook om aanverwante projekte, soos byvoorbeeld kompetisies, te finansier.
  • Advertensies sal na goedkeuring geplaas kan word. Om ons fooie hiervoor vas te stel, kontak die redaksie. Borgskappe vir Die Boekboetiek is insgelyks welkom (kontak gerus die redaksie). kontak@dieboekboetiek.co.za
Scroll to Top