Die Boekboetiek

geofiet

 

terwyl my epidermis

en my haarfollikels elke dag

in droogte vergaan

bly jy ondergronds

in my leef

en skiet jy op

in elke somer

vanuit die blomknol

en maak ‘n wit klos

soos ‘n tjienkerientjee

 

©Anne-Marie Bartie, 2025

 

Scroll to Top