Die Boekboetiek

Gedigte

Die Boekboetiek nooi Jan Publiek uit om hulle gedigte in te stuur vir publikasie op die webwerf.

 .

Kontak ons

Wil jy graag jou gedig in druk sien? Die gedigte is onderhewing aan redaksionele keuring.

Die wese en die niet

L’Être et le néant Wie sal die bos laventel by jou bed sit, die komberse dig oor jou moeë lyf trek? Wie sal die vloed van riviere ontroer sodat die water helend oor die soetklip bly loop? Wie sal die steenkoolmaan oproep as die nag se wortels in die donker woude jou deurgeloopte voete troos, of die soekligte in die berg se kruine flits en die swaar stilte die elegie

Lees meer »

21 gram

Every man is born as many men and dies as a single one. – Martin Heidegger Gaan nou, my voorloper, my touleier my weerman en my onweerman gaan, en weet ek sal die wolke by my hou vir dae soos dié gaan, en weet ek sal die wind wegsteek in die stof wat saampak in die verekleed van voëls gaan, en weet ek sal die reën begrawe in die oorryp

Lees meer »

Smeltkroes

  Smelt mens metaal in ’n hoogoond kom die slak skuimend boontoe en bedek die oppervlak. Stook jy mense op en word hul oorverhit, sien mens edel waardes gou na onder sak. Platonies Hier voer ons aporeties weer debat oor wat vir ons so na lê aan die hart, maar is een fisies in die grot gevang met meta- onerken, bewaar jou skat.   © Dietloff van der Berg, 2025

Lees meer »

geofiet

  terwyl my epidermis en my haarfollikels elke dag in droogte vergaan bly jy ondergronds in my leef en skiet jy op in elke somer vanuit die blomknol en maak ‘n wit klos soos ‘n tjienkerientjee   ©Anne-Marie Bartie, 2025  

Lees meer »

Vir Nini

wanneer jy terugkeer sal dit nie wees met die swawels nie dit sal nie wees met die breek van ‘n godsverlate lente nie dit sal wees in ons slaap wanneer ons eendag weer jonk is en langs ons bed sal ek die veer van ’n swartraaf ontdek en dan onthou hoe lief ek jou nog altyd gehad het © Mellet Moll

Lees meer »

Donkerwerk

Donkerwerk (Vir Mellet) dat ek jou liefhet, ’n mededeling in die skemeropreg, ’n kind wat op sy erewoord sweeren dwingend, ’n ou mens wat in hoofletters skrywe dat ek jou liefhet, vertroulik soos ’n vuurhoutjiewat bakhand vonk en die vlam verdeel tot ek jougesig herroep in die maagdelike gloed van ’n kers dat ek ’n alleenloper is soos jyen dat ek jou liefhet, sodat ons saamalleen kan wees dat ek

Lees meer »

Diep rivier

Diep rivier O, diep rivier, o donker stroom,Hoe lank het ek gewag, hoe lank gedroom,Die lem van liefde wroegend in my hart?– In jou omhelsing eindig al my smart;Blus uit, o diep rivier, die vlam van haat; –Die groot verlange wat my nooit verlaat.Ek sien van ver die glans van staal en goud,Ek hoor die sag gedruis van waters diep en koud;Ek hoor jou stem as fluistering in 'n droom,Kom

Lees meer »

Noor

Noor Ek gelei haar in die liggebed van water en die selestiële mantras van ’n wolk wat kumuleer verby die nawêreld se gloed. As ek myself in die Imaan se kring verdamp en so my liggaam tussen bedevaarders werp om die kortstondigheid van lewe te ervaar; die wierook van ’n dieper aura te herken en stil te word in hierdie almag van Allah; verruk my ousiel in die flitse van

Lees meer »

In liefdevolle herinnering aan Mellet Moll (4 Maart 1967 - 28 Oktober 2024)

In ‘n huldeblyk aan Mellet Moll, skryf die bekroonde digter, dr Diana Ferrus: Sy poësie was onopgesmuk, amper te eerlik, outentiek maar ook gevul met metafore, beelde uit die verre verlede, maar ook versugtinge oor die toekoms. Ek eer Mellet Moll. Sy weggaan het die akademie armer gelaat, ’n groot verlies vir sy studente. Die Afrikaanse literêre wêreld het ’n groot stem verloor, ’n innoverende woordmaker, en helaas het Suid-Afrika ’n “visionary” verloor, een wat ons so broodnodig het.

Mag jou nalatenskap steeds harte aanraak, debatte ontketen. Ek sal jou skryfstyl, jou tegniek, jou navorsingswerk altyd bewonder en jou uitstekendheid nastreef.

Scroll to Top