Die Boekboetiek

Smeltkroes

 

Smelt mens metaal in ’n hoogoond kom die slak

skuimend boontoe en bedek die oppervlak.

Stook jy mense op en word hul oorverhit,

sien mens edel waardes gou na onder sak.

Platonies

Hier voer ons aporeties weer debat

oor wat vir ons so na lê aan die hart,

maar is een fisies in die grot gevang

met meta- onerken, bewaar jou skat.

 

© Dietloff van der Berg, 2025

Scroll to Top