wanneer jy terugkeer sal dit
nie wees met die swawels nie
dit sal nie wees met die breek
van ‘n godsverlate lente nie
dit sal wees in ons slaap wanneer
ons eendag weer jonk is
en langs ons bed sal ek die veer
van ’n swartraaf ontdek
en dan onthou hoe lief
ek jou nog altyd gehad het
© Mellet Moll