Die Boekboetiek

,

Voël-Safari: Aktiwiteitsboek

Die titel sê dit: hierdie is ’n aktiwiteitsoek – en nie sommer enige aktiwiteitsboek nie!

Lees meer in die beskrywing hieronder…

 

Die primêre doel van dié kleurvol geïllustreerde kinderboek (64 bladsye) is om die kind bekend te stel aan Suid-Afrikaanse voëls deur middel van speletjies, kopkrappers en prettige feite – aldus die voorblad. Die agterblad bemark die boek as ’n boek “oor Afrika se soogdiere”, wat dit egter nie is nie.

Elke bladsy van die boek behandel ’n spesifieke aspek van voëls, byvoorbeld “Wat is ’n voël?” (p. 3). Daarna word op verskillende spesies gefokus, bv. “Soek die spesie” (p. 6-7), “Versamelvoëls” (p. 14-15), “Fantastiese flaminke” (p. 33). Elke bladsy is propvol interessante voël-feite en bevat, aldus die agterblad, ’n opvoedkundige speletjie soos Wie-pas-waar/nie?, geskommelde letters, feitejag, nommerlere, gekamoefleerde diere en woorde, geheime kodes, doolhowe, blokraaisels, kopkrapers, waar of vals?, soek pasmaats en baie meer. Die antwoorde is (gelukkig!) agter in die boek te vinde.

Voël-safari is ’n pragtige, boek vir laerskoolkinders en selfs groter kinders (en grootmense!) Dis opvoedkundig gepas vir kinders van Graad 4 en ouer. Elke bladsy bevat ’n kleurillustrasie en voëls word lewensgetrou en in detail uitgebeeld. Inligting word interessant uiteengesit, byvoorbeeld in blokkies, sirkels met verskeie kleure, “slangetjies” wat oor die bladsy kronkel, as byskrifte by foto’s en tussen illustrasies. Dit sorg vir ’n vriendelike bladbeeld wat dadelik die leser se aandag trek. Die teks is veral geskik vir selflees, aangesien daar min teks in eenvoudige taal per bladsy is.

Ek beveel hierdie boek met die grootste vertroue aan vir ouers (veral voëlkykers) en vir álle skole. Opdragte kan deur die loop van die jaar voltooi word sodat leerders nie oorweldig word nie, aangesien sommige opdragte nogal tydrowend kan wees. ʼn Pragboek wat op elke kind se boekrak hoort.

© Marlies Taljard

Titel: Voël-Safari: Aktiwiteitsboek

Outeurs: Heléne Booyens & Hèléne Loon

Uitgewer: Struik Nature, 2026

 

 

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Voël-Safari: Aktiwiteitsboek”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top