Die Boekboetiek

,

South African Birds by Name: Origins and meanings

Eddie Germiquet het sedert sy vroeë kinderjare ’n liefde vir voëls gehad en sy onlangse aftrede het hom in staat gestel om terug te keer na sy ou stokperdjies. Deur gebruik te maak van interpretatiewe vaardighede wat hy tydens sy doktorale studies verwerf het, het hy ’n persoonlike projek aangepak om die oorsprong en betekenisse van voëlname te verken – ‘n onderneming wat hierdie boek geword het.

Lees meer in die beskrywing hieronder…

Wat is in ’n naam? Soos voëlkyk as aktiwiteit en stokperdjie al hoe gewilder raak, begryp al meer mense die feit dat voëls nie net ‘n ekologiese betekenis het nie, maar ook unieke stories verteenwoordig wat ingebed is in die name wat vir hulle gegee is. South African Birds by Name: Origins and meanings bied insig in die oorsprong en betekenisse van hierdie “wetenskaplike” name, wat meesal in Grieks en Latyn gewortel is, en help lesers om sin te maak van die spesies waarna hulle kyk.

Eddie Germiquet het noukeurig historiese ontdekkingsreisigers se verslae, inheemse name, antieke mitologieë en vroeë wetenskaplike geskrifte nagevors om die nomenklatuur te demistifiseer en te vereenvoudig. Waar ’n naam afgelei is uit ’n fisiese kenmerk van die voël, het hy ’n boeiende illustrasie geteken om dit uit te beeld. Waar die name van ontdekkingsreisigers, bioloë en ander historiese figure ter sprake kom, word dit ook verduidelik en bring dit insgelyks fassinerende geskiedenis aan die lig.

Hierdie boek is ‘n kosbare kleinood; ‘n luukse koffietafelboekboek en ’n nuttige metgesel vir ornitoloë, voëlkykers en -kenners, maar ook ’n heerlike bron van ontdekking vir nuwelinge. Wonder wat jy as geskenk vir iemand gaan koop? Hierdie boek is onontbeerlik vir Suid-Afrikaanse huishoudings.

© Nini Bennett-Moll

Titel: South African Birds by Name: Origins and meanings

Outeur: Eddie Germiquet

Uitgewer: Penguin Random House SA (Struik) 2026

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “South African Birds by Name: Origins and meanings”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top