Die Boekboetiek

Saartjie die spinnekop met sewe bene

’n Gestremde spinnekop?

Wat ’n kosbare boek! Riana Scheepers ken die kindersiel! Saartjie, die hoofkarakter in hierdie storie, is ‘n spinnekop wat ernstig beseer word deur die onnadenkende optrede van ‘n kind en vir die res van sy lewe met slegs 7 bene moet klaarkom. Alle ander spinnekoppe het immers 8 bene.

Lees meer in die beskrywing hieronder…

 

Wat ’n kosbare boek! Riana Scheepers ken die kindersiel!

Saartjie, die hoofkarakter in hierdie storie, is ‘n spinnekop wat ernstig beseer word deur die onnadenkende optrede van ‘n kind en vir die res van sy lewe met slegs 7 bene moet klaarkom. Alle ander spinnekoppe het immers 8 bene.

Die tema van respek vir die natuur en nie-menslike wesens is een waarmee alle kinders kan identifiseer. Daarbenewens leer dit kinders universele waardes van omgee en dink voordat hulle optree. Die storie leer kinders ook om verantwoordelikheid vir hul optrede te aanvaar.

Onberispelike taalgebruik kenmerk die kleurvolle boek: terwyl kinders die storie geniet, leer hulle ook oor uitroepe, vrae, die oortreffende trap, idiome en wisselende sinlengtes. Humor is ‘n belangrike kenmerk van Scheepers se styl, wat hierdie boek ‘n aangename leeservaring maak. Omdat die taal en teks eenvoudig is, is dit bevorderlik vir kinders om nuwe woordeskat aan te leer.

‘n Verdere aspek wat hierdie boek besonder aantreklik en geskik maak vir jong kinders, is die kleurvolle volblad-illustrasies. Kinders word veral aangetrek deur kleur en vorm, en in hierdie prente speel albei ‘n belangrike rol.

Die storie is universeel en nie gerig op ‘n spesifieke gehoor wat aan klas of ras gekoppel kan word nie. Daarom moet niemand daardeur uitgesluit voel nie. Dit is gemik op kinders wat nog leer lees, maar kan ewe maklik deur Juffrou in die klas of deur Mamma voor slaaptyd voorgelees word.

Myns insiens is hierdie een van die beste kinderboeke wat die afgelope jare in Afrikaans verskyn het. Omdat kinderboeke baie duur is, moet ouers en skole mooi dink voordat aankope gedoen word. Kies beslis Saartjie die spinnekop met sewe bene! Jy sal nie ’n fout maak nie!

@Marlies Taljard 

Titel: Saartjie die spinnekop met sewe bene
Outeur: Riana Scheepers
Uitgewer: LAPA 2023

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Saartjie die spinnekop met sewe bene”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top