Die Boekboetiek

,

Groete uit Skotland

Frances en Dewald se verhouding werk nie uit nie. Hy het haar vertroue geskend en haar diep seergemaak. Uit desperaatheid vlug sy Skotland toe waar sy ’n onderwyspos op ’n klein dorpie aanvaar. Sy maak maklik nuwe vriende. Een vriend is spesiaal, naamlik die gemeente se predikant, Gerbrand. Hulle verhouding vorder fluks, maar daar is iets wat in sy verlede gebeur het waaroor hy nie kan praat nie. Intussen verlang Frances terug na haar ouma en broer in Hazyview. Gaan Gerbrand haar volg, of is dit nog ’n mislukte verhouding?

Lees meer in die beskrywing hier onder…

Hierdie roman kan geklassifiseer word as Christelike fiksie. Die lotgevalle van elke karakter wat in die verhaal ’n rol speel, én trouens byna elke toneel in die roman, belig aspekte van Christenskap. Aanhalings uit die Bybel kom oorvloedig voor, sowel as gedagtegange en gesprekke oor geloof en Christenskap. Ongelukkig word die verhaalverloop daardeur belemmer. Ek het ook gevoel dat die skrywer aan die aantal karakters kon sny ten gunste van meer oortuigende karakterisering en meer natuurlike dialoog. Nog iets wat my gehinder het, is die baie liefdestonele waarin karakters hulle (altyd) innige liefde demonstreer.

Die verhaal lees redelik maklik en stel min eise aan die leser. Dit is ideaal vir ’n ontspanne naweek of as leesstof na ’n stresvolle dag.

© Marlies Taljard

Titel: Groete uit Skotland

Outeur: Sunet du Plessis

Uitgewer: LUCA, 2026

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Groete uit Skotland”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top