Die Boekboetiek

Die oeroue

Dr. Sandra Venter verhuis na die afgeleë dorpie Kraaineshoogte in die hoop om ʼn rustiger lewe te lei en ʼn klein mediese praktyk te bedryf, maar reeds die eerste nag kom sy agter dat dinge nie pluis is nie. Daar is snags ʼn teenwoordigheid in haar kamer. ʼn Pasiënt wat kla oor slaaploosheid en nagmerries raak onverklaarbaar weg en ʼn argeologiestudent se lyk word uitgedroog in die veld gevind. Sy doen dan speurwerk deur die ou pasiënterekords na te gaan en kom op onrusbarende inligting af. Dorpenaars maak Sandra daarop attent dat gruwelike dinge in die dorp gebeur. Dit blyk dat Sandra se ouma betrokke was by ʼn antieke, bonatuurlike entiteit wat ouer is as die menslike geskiedenis van die streek en wat as Die Oeroue bekendstaan. Intussen maak sy ook kennis met Elsabé Marais, ʼn argeoloog wat besig is met opgrawings in die omgewing en juis ʼn vreemde artefak opgegrawe het wat blykbaar bisarre gebeure aan die gang gesit het. Die laaste strooi is ʼn brief van Sandra se oorlede ouma waarin sy as’t ware beveel word om die misterie van die kosmiese Oeroue wat elke 30 jaar sewe siele in die dorp eis, te op te klaar.

Lees meer in die beskrywing hieronder…

 

Lombard se vertelstyl is op die man af en sonder onnodige omhaal van woorde in die tipiese styl van die bonatuurlike riller. Die verhaal is in die mitologie en plaaslike legendes en rituele geanker. Die handelingspatroon verloop glad en die spanning styg vinnig en word deurgaans volgehou. Die inhoudsopgawe voor in die boek gee die leser ʼn idee van die verhaalverloop deurdat verskillende dele van die boek duidelik benoem word en die verhaal sodoende in episodes verdeel word.

Die hoofkarakters word redelik lewensgerou uitgebeeld, hoewel, soos gebruiklik in dié tipe verhale, met cliché-elemente. Sandra Venter, die hoofkarakter, is aanvanklik die tipiese dokter, maar haar ingesteldheid verander spoedig sodanig dat sy dikwels toegee aan ʼn sesde sintuig.

Die ruimte waarin gruwelverhale afspeel, is dikwels afgeleë plekke in donker ruimtes – hier is dit die dorpie Kraaineshoogte wat diep in die berge naby Riversdal geleë is midde-in ʼn donker woud.

Ek kon hierdie boek nie neersit nie en het byna deurnag gelees tot op die einde. As spanningsverhale met ʼn bonatuurlike element jou ding is, moet asseblief nie Die oeroue misloop nie.

© Marlies Taljard

Titel: Die oeroue

 Outeur: Etienne Lombard

 Uitgewer: Naledi, 2025.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die oeroue”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top