Die Boekboetiek

Die hart van ‘n ma

Die menslike moedersdrang is ’n oeroue roeping wat vroue sedert die grotte van die steentydperk tot die wakende toeps van hedendaagse slimfone verbind. Hierdie impuls – om te voed, te beskerm, en uiteindelik los te laat – is die onsigbare draad wat generasies saamweef, en in die bundel sketse, Die hart van ‘n ma, word die veelkantige aard van moederskap ondersoek.

.Lees meer in die beskrywing hieronder…

Gebaseer op die joernalis, Daniëlla van Heerden se gewilde podsending, ’n Ma & ’n Mikrofoon (met meer as 100 episodes as inspirasie) is ‘n keur van dié gesprekke nou verwerk in geskrewe vorm: eerlik, inspirerend en eg Suid-Afrikaans.

In hierdie prikkelende bundel word ouerskap in al die verskillende fases gevier en bespreek: die onsekerheid van ‘n eerste swangerskap tot die opwinding en chaos van ‘n pienkvoet in die huis; die uitdagings van die tienerjare, tot die heimwee van ‘n leë nes… Selfs vir lesers wat nie kinders het nie (soos die uwe), is die bundel ‘n verrykende en genietlike ervaring.

Jy gaan lees van uiteenlopende, dog bekende ma’s (soos die aktrises Simoné Pretorius en Lindie Strydom, en die politikus en ystervrou, Helen Zille), maar ook leer by minder bekende, maar ewe merkwaardige vroue.

Hulle sluit in Tina van Deventer (‘n ma van twaalf kinders!), Tarryn Bell (wat sterwende kinders versorg) en Shani Little (‘n ma wat geweier het dat blindheid of borskanker haar stuit.)

Dié bundel is die ideale geskenk vir Moedersdag, ‘n ooievaarstee of vir enige vriendin en ma wat soms net moet onthou hulle is nie alleen in die uitdagings wat ma-wees aan hulle stel nie.

© Nini Bennett-Moll

Titel: Die hart van ‘n ma

Outeur: Daniëlla van Heerden

Uitgewer: Naledi, 2026

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Die hart van ‘n ma”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top