Die reeks Vriendelike boeke is lesersvriendelike boeke wat deur LAPA uitgegee word. Die boek onder bespreking is gemik op jonger kinders in die senior primêre fase wat al self kan lees. Daar is heelwat kleurillustrasies deur Nadia du Plessis wat die leeservaring vir kinders aantreklik maak. Ook die lettertipe is groot genoeg om lees te vergemaklik en daar is heelwat bladwit wat die bladsy vriendelik laat vertoon, asook min genoeg teks per bladsy om nie jong, onervare lesers af te skrik nie. Moeilike of onbekende woorde word aan die einde van ʼn paragraaf in ʼn teksboks in vetskrif verduidelik. Verskillende fonte help om verskillende teksdele van mekaar te onderskei.
Hoewel die verhaal onwaarskynlik is, behoort dit selfs vir jong lesers duidelik te wees dat dit gaan om opsetlike oordrywing as humor en dat dit nie bedoel is om die werklikheid weer te gee nie. Sodoende leer kinders van jongs af om tekssoorte te interpreteer.
Die boek is ook in Engels beskikbaar as The great storybook heist. Dit is nie duidelik wat die oorspronklike teks was en wie die vertaling gedoen het nie. Die feit dat die Afrikaanse weergawe nie op die voorblad die Afrikaans “Geïllustreer deur …” gebruik nie, maar “Illustrated by …” laat my vermoed dat die boek oorspronklik in Engels uitgegee is – hoewel dit natuurlik ʼn tegniese punt is en nie werklik saak maak nie.
Alles in ag genome, is Die groot storieboekavontuur ʼn boek wat ek vir ouers en skole sal aanbeveel, aangesien dit myns insiens grootliks voldoen aan die eise wat aan kinderliteratuur gestel word en in die kol is vir die teikengehoor waarvoor dit bedoel is.
© Marlies Taljard
Titel: Die groot storieboekavontuur
Outeur: Kristien Potgieter
Uitgewer: LAPA, 2026


Reviews
There are no reviews yet.