Die Boekboetiek

,

Allegaartjie

Hannes Barnard is ’n multigenre-skrywer van Afrikaanse en Engelse fiksie. Sy debuutjeugroman, Halley se komeet, is ook in Engels vertaal en wêreldwyd vrygestel. Hy word benoem vir verskeie pryse vir die apokaliptiese Wolk-jeugromanreeks, onder andere die KykNet-Rapportprys. Wanneer hy nie skryf nie, is hy waarskynlik besig om oor sy volgende avontuur te droom. Hy woon in Johannesbrug saam met sy vrou en werk as verkoopsbestuurder by ’n uitgewer.

Lees meer in die beskrywing hieronder…

Allegaartjie is ’n vrolike, prettige wat perfek is vir baie jong lesers (kleuters en voorskoolse kinders). Barnard bring ’n skatkis byeen: kort verhaaltjies, speletjies, grappe, rympies en raaisels – alles in een oulike pakket wat kinders ure lank sal vermaak en terselfdertyd bydra tot hulle ontwikkeling.

Die kort storietjies is ideaal vir ‘n klein kind se aandagspan. Dit leer ‘n kind om te luister, ’n eenvoudige plot te volg en dit prikkel die verbeelding. Dit plant ook die saadjie vir empatie en begrip van andere se emosies in die wêreld om hulle.

Deur aktiewe deelname aan speletjies word samewerking en probleemoplossing gestimuleer. Dit maak van leer ‘n pretaktiwiteit en help kinders om ‘n begrip van reëls te vorm.

Dan, die grappe: Humor is goud vir jong kinders! Dit stimuleer sosiale vaardighede, leer hulle om te lag vir die lewe se snaaksighede en bou selfvertroue sodat hulle die grappe self kan vertel.

Die rympies se rym en ritme is fantasties vir taalontwikkeling. Dit verbeter uitspraak, woordeskat en geheue. Kinders leer natuurlik om te sing en te praat, wat ’n sterk basis vir latere lees- en skryfvaardighede vestig.

En die raaisels? Dit prikkel nuuskierigheid, kritiese denke en logika op ’n speelse manier. Raaisels leer kinders om te observeer, verbande te sien en kreatief te dink – sonder dat dit soos “werk” voel.

Allegaartjie is ‘n heerlike boek – en met die holistiese aanslag word taal, denke en emosies speels aangespreek. Ouers en onderwysers sal hiérdie kleinood waardeer as ’n boek wat saam gelees, gespeel en geniet kan word. ’n Warm aanbeveling vir enige kleuter se boekrak!

© Nini Bennett-Moll

Titel: Allegaartjie

Outeur: Hannes Barnard

Uitgewer: LAPA, 2026

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Allegaartjie”

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Scroll to Top