Die Boekboetiek

Die BoekBoetiek logo

Ontmoet die redaksie

Die boekboetiek is die gesamentlike webtuiste van Nini Bennett-Moll en Marlies Taljard.

Nini Bennett-Moll is ’n bekroonde skrywer, digter en resensent. In 1995 behaal sy die graad BA(Hons) in Literatuurwetenskap (met lof, UP). In 2001 verwerf sy haar MA-graad in Skeppende Skryfkuns (UK, met lof) onder leiding van Etienne van Heerden, en haar kortverhaalbundel, Stoornis verskyn in 2002. In 2003 ontvang sy die UJ-debuutprys vir dié bundel. Sy wen ook die Room To Read-prys in die kategorie Afrikaans (2008) vir haar jeugverhaal, Die storie van Vusi se orkes, wat in die elf landstale die lig sien. Sy is die digter van drie digbundels: Kodeks (2011), Boekstaaf (2015) en Donkerwerk (2019).

Bennett-Moll is sedert 2011 vir aktief as literêre mentor, blogger, kritikus, keurder en rubriekskrywer, en talle van haar gedigte en kortverhale is in onderskeie versamelbundels opgeneem; van haar kortverhale is vertaal in Nederlands, voorgeskryf vir Afrikaans Tweede Taal se Senior Sertifikaateksamen, en verfilm vir kykNET.

Marlies Taljard was voorheen verbonde aan die Skool vir Tale van die NWU en die Departement Afrikaans aan die Universiteit van Fort Hare. Talle artikels van haar het in geakkrediteerde vaktydskrifte verskyn en sy het hoofstukke in verskeie versamelbundels wat plaaslik en internasionaal verskyn het, bygedra. Verder tree sy ook op as artikelkeurder vir nasionale en internasionale akademiese tydskrifte en as manuskripkeurder vir uitgewers en skrywers. Sy is ʼn ervare teksversorger wat spesialiseer op akademiese tekste, verhandelinge en proefskrifte. Sy tree dikwels op as kritiese leser vir aspirant- en gevestigde skrywers en digters. Sy lewer gereeld referate op nasionale en internasionale kongresse. Daar het reeds heelwat meer as 300 resensies oor Afrikaanse publikasies uit haar pen verskyn. Sy is tans inhoudsbestuurder van die webwerf Versindaba . Op avorsingsterrein is sy betrokke by navorsing oor die literêre teorie en toegepaste linguistiek.

Nini Bennett-Moll - Die Boekboetiek

Nini Bennett-Moll

Skrywer, digter en resensent
Marlies Taljaard - Die Boekboetiek

Marlies Taljard

Akademikus en literêre kritikus
Flikker-gram - Marlies Taljard
Nogmaals vir die bysiende leser - Marlies Taljard & Joan Hambridge
Donkerwerk - Nini Bennett-Moll
Boekstaaf - Nini Bennett-Moll
Scroll to Top